Louis Trichardt se sterkman Leon le Roux (51) spog ná afloop van die Suid-Afrikaanse en Afrika Sterkman-kompetisie nie net met een titel nie, maar met twee! Hy het sy Suid-Afrikaanse titel in die onder 105 kg meestersklas vir mans suksesvol verdedig en is ook gekroon as die nuwe Afrika-kampioen in dieselfde gewig- en ouderdomsgroep.
Steineck Lodge in Rustenburg het op 16 en 17 November as gasheer opgetree vir beide die SA- en Afrika-kampioenskappe, waaraan vier atlete van Louis Trichar...