Vir 'n aakliger geskenk kon Gert van der Westhuizen nie gevra het nie, toe hy op sy 72ste verjaarsdag op Donderdag, 18 Januarie, die slagoffer geword het van 'n gewapende roof by Cash Crusaders in Louis Trichardt.
Weens bekommernis oor die veiligheid van sy eie winkel (Madi Gra Water), het sakeman Van der Westhuizen gegaan om 'n rekenaarskerm te koop vir sy sekuriteitskameras.
"Toe ek hom op die toonbank sit, toe spring hier 'n ou op die toonbank. Ek sĂȘ nogal vir hom: 'Hey! Can ...