Teen Vrydagoggend hierdie week was daar steeds geen nuus oor die ontvoerde Louis Trichardt sakeman Eddie Gouveia nie. Die 51-jarige Gouveia is net ná 20:00 die aand van Woensdag, 16 Oktober, deur 'n groep verdagtes voor sy Fire Fly-onderneming in Industriastraat oorrompel en in 'n voertuig geboender, waarna hulle met hom weggejaag het.
Die ontvoering het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur, soortgelyk aan April 2021 toe nog 'n baie bekende plaaslike sakeman, Shyam Premjee, ontvoer is...