Nog 'n bekende regsman van Louis Trichardt het besluit om die staatsdiens vaarwel toe te roep en op vroeë pensioen te gaan. Reino Mostert, senior staatsaanklaer van die noordelike substreek, het Vrydag, 28 Februarie, ná 33 jaar sy laaste dag in diens van die Departement van Justisie / Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gewerk.
Plaaslik het die 58-jarige Mostert geen bekendstelling nodig nie. As senior staatsaanklaer van die noordelike substreek het die NVG se kantore op Louis Trichardt, ...