Meer oplettende inwoners het seker al agtergekom dat heelwat minder slange in die dorp opgemerk word in vergelyking met vorige jare. Maar wat sou die rede daarvoor wees?
Hierdie waarneming is Dinsdag beaam deur plaaslike slangvanger en -kenner Jan "Slang" van Rooyen. "Van ons slangvangers vang omtrent glad nie meer slange nie," het Jan gesê. Dit gesê, is LMB Makhado se "slangvangers" bietjie meer bedrywig. "Maar hulle is letterlik in die bos," het Jan gesê.
Volgens Jan speel ver...