Die skielike afsterwe van die 56-jarige Ronélle Vermaak van Louis Trichardt het vir vriende en familie as groot skok gekom. Sy is op 26 April in die Medikliniek in Tzaneen ná 'n kort siekbed oorlede.
"Die tyd toe sy oorgeplaas is, het ons nog nie geweet wat fout was nie. Verlede jaar was sy ook baie siek gewees met galstene. Ons was reeds vertroud met die dokters daar en ek het geglo hulle sou haar weer kon help," het Ronélle se man, Wimpie, gesê. Sy is op 19 April opgeneem in die Cres...