Die VF Plus het die afgelope week met skok en leedwese die skielike afsterwe van Marcelle Maritz, lid van die provinsiale wetgewer en die party se provinsiale leier in Limpopo, aangekondig. Maritz is verlede Vrydag, 4 Oktober, in die ouderdom van 59 jaar oorlede.
"Marcelle was wyd bekend in Limpopo en haar afsterwe is nie net 'n verlies vir haar geliefdes en familie nie, maar ook vir die VF Plus en haar gemeenskap, wat sy onbaatsugtig en met groot ywer gedien het," skryf VF Plus leier ...