Inwoners van Louis Trichardt en omstreke het met uiterse skok gereageer op die nuus van die ontvoering van bekende plaaslike sakeman Eddie Gouveia (51) van die Fire Fly-onderneming.
Volgens beskikbare inligting is Gouveia Woensdagaand net na 20:00 by sy onderneming ontvoer. Binne ure is die skoknuus wyd versprei op sosiale media platforms.
In 'n poging om Woensdagaand se gebeure te bevestig, is 'n medianavraag vroeg Donderdagoggend aan die polisie se Vhembe-woordvoerder, adjudan...