Mnr. Theo Muller, hoof van Hoërskool Louis Trichardt, het Maandag bevestig dat hulle 'n ondersoek ingestel het na die onsmaaklike gebeure wat ontvou het na afloop van verlede Vrydagaand se middag/aand-atletiekbyeenkoms by Hoërskool Merensky buite Tzaneen.
Triegies was een van 'n paar skole wat aan hierdie byeenkoms by Merensky, die gasheerskool, deelgeneem het. "Die byeenkoms was gaaf en lekker gewees, maar daar was geen toegangsbeheer gewees nie. So jy kon inry en doen soos jy wil. Da...