Nie minder nie as vyf wedstryde is die afgelope naweek beslis in die volgende ronde wedstryde van die Louis Trichardt Krieketklub se T10-liga op die Louis Trichardt Ovaal, met krieketliefhebbers wat kan uitsien na die halfeind-wedstryde en eindstryd in die liga wat eerskomende Sondag beslis sal word.
Die Strikers en Warriors het Saterdag, 15 Junie, te staan gekom teen mekaar in 'n naelbytwedstryd, met die Strikers wat met slegs twee lopies kon wen. Laasgenoemde span het ingegaan om eer...