'n Paar van die streek se meer oplettende inwoners het sekerlik al opgemerk dat daar blykbaar minder slange in omloop is. Volgens plaaslike slangkenner Jan "Slang" van Rooyen is daar moontlik 'n verskeidenheid redes hiervoor.
"Slangtyd begin ná die eerste goeie reën, en dit is iets wat nog nie gebeur het nie," het Jan Dinsdag gesê. Alhoewel die goeie reën van sowat twee weke gelede verligting gebring het, was dit nog nie die "goeie reën" waarvoor almal wag nie (lees meer hieroor elders...