Die Soutpansberg is lekker deurnat ná goeie en deurdringende reën die afgelope week. Die reën is wyd verwelkom, veral deur die landbousektor, maar saam met die lekker reën was daar plek-plek ook gelokaliseerde vloede en vloedskade.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANRAL) het Dinsdag in 'n verklaring motoriste in Limpopo gemaan om versigtig te bestuur te midde van die reën en skade aan paaie. Spesifiek het hulle onder meer verwys na die R524 tussen Louis Trichardt en Thohoya...