Huldeblyke en woorde van vertroosting het hierdie week ingestroom na die familie van wyle oom Martin Hoffmann van Louis Trichardt, wat op 24 Mei in die ouderdom van 85 jaar weens hartversaking oorlede is.
Carl Martin Hoffmann is gebore op 1 Augustus 1938 in Middelburg (Transvaal) waar sy pa, Paul Adolph Hoffmann, hoof was van die Botshabelo-onderwyskollege. Sy ouer suster, Heidi, het as kleuter in 'n ongeluk gesterf, met Martin wat as "eersgeborene" grootgemaak is. Hy het ook 'n jonger...