Hoërskool Louis Trichardt het die eerste rondte van die Limpopo Skole XCO-liga aangebied op Saterdag, 16 Augustus, op Triegies se tuisveld. Trappers van Louis Trichardt het die dag sterk afgesluit met 18 podiumplekke.
In die junior seuns o.18-afdeling het Salem Signer 'n tweede plek behaal, met spanmaat Ntsako Shaun wat vierde geëindig het. By die junior meisies o.18 het Amelia Scheepers tweede gekom. In die junior meisies o.17-afdeling het Shudu Raphala 'n derde plek behaal, Mijanke V...