Zoutpansberger
Sport

Geskiedenis gemaak met eindstryd onder spreiligte

Droom word werklikheid vir Louis Trichardt Krieketklub

By Andries van Zyl • 4 December 2025
Geskiedenis gemaak met eindstryd onder spreiligte

Die Louis Trichardt Krieketklub het geskiedenis gemaak met hul eerste aandwedstryd onder spreiligte tydens die T10-liga-eindstryd. RCI het die toernooi gewen en Limpopo Dairy met 48 lopies verslaan. Ikram Patel en Rehan Patel van RCI is as onderskeidelik die beste kolwer en bouler van die reeks aangewys.

Die eindstryd van die Louis Trichardt Krieketklub se T10-liga het Saterdagaand, 29 November, gepaard gegaan met ‘n geskiedkundige gebeurtenis. Vir die eerste keer kon die klub ‘n aand-wedstryd op die Louis Trichardt Ovaal aanbied onder nuut-geïnstalleerde spreiligte om die veld te verlig.

“Die was nou ‘n droom van my vir baie jare,” het die klub se voorsitter, Joubert Fourie, gesê. Die projek is gedryf deur die klub se huidige komitee en JP van Niekerk, wat sy hart, siel, tyd en energie...

Read more on our website