Die streek se welbekende Yolanda Gerber is op Sondag, 1 Desember, in die ouderdom van 56 jaar aan borskanker oorlede.
"Yolanda is sowat twee jaar gelede met borskanker gediagnoseer. Dit was kort nadat sy en Ryno in 2022 getroud is. Sy het behandeling ontvang, maar die borskanker het versprei," noem 'n baie bewoë Dalene van Niekerk, 'n vriendin.
Met haar sprankelende persoonlikheid, 'n vrou wat vir God geleef het en die groot impak wat sy op die groter streek se mense gemaak het,...