Die Soutpansberg-gemeenskap treur hierdie week saam met die 82-jarige oom George Fogwell van Louis Trichardt met die hartseer nuus van sy vrou, tannie Ann (77), se dood Dinsdagoggend, 26 Maart.
Oom George het vertel dat tannie Ann so twee jaar gelede Covid opgedoen het, en alhoewel sy daarvan herstel het, het haar longe letsels oorgehou. In Februarie vanjaar het hulle bietjie vir familie en vriende in die Kaap en Natal gaan kuier, waar tannie Ann weer begin sukkel het met haar longe. M...