Tannie Dora Cronjé van Ons Tuiste Ouetehuis op Louis Trichardt het met groot genade op Sondag, 15 September, haar 103de verjaarsdag gevier.
Tannie Dora is reeds vir die afgelope 16 jaar 'n inwoner van Ons Tuiste en ook die tehuis se oudste inwoner. Sy is ook die NG Kerk Louis Trichardt se oudste lidmaat en is reeds vanaf 1946 'n lidmaat.
Die feesvieringe het Maandag voortgeduur. Reeds vroegdag is tannie Dora se hare gesny en mooi gemaak vir die feestelikhede. Haar hare is gedoen...