Ten spyte van goeie reën neerslae wat plek-plek oor die Soutpansberg uitgesak het die afgelope maand, bly dit steeds oorheersend droog en alhoewel alles mooi groen lyk, is dit die spreekwoordelike "groen droogte" waarna landboukenners verwys.
Fanie Havinga, voorsitter van die TLU SA Limpopo, is gevra om 'n voorspelling te waag oor wanneer die streek goeie reën kan verwag. Wat dit betref het hy gesê dat voorspelling 'n gevaarlike ding is om te doen, maar dat hy van mening is dat die eer...