Die CMR Sentrum van Hoop op Louis Trichardt het op Saterdag, 21 September, 'n suksesvolle gholfdag aangebied. Te midde van die bittere koue weer - volgens baie die koudste dag van die jaar sover nog - het 16 spelers die elemente getrotseer en met oorgawe gespeel.
"Wow!" Dit is hoe maatskaplike werker Chantel Steyn die dag beskryf het. "Ek het die uiterste respek vir die spelers, die Remax-personeel en Brendan Halewood, die verteenwoordiger van Buffelsfontein Brandewyn in Polokwane, wa...