TLU Limpopo het Woensdag in ’n verklaring hul lede en boere ernstig versoek om strenger beheer toe te pas in die beweging van alle vee en vatbare diere, binne en buite die streek, te midde van die huidige bek-en-klouseer-uitbreking.
Volgens die mees onlangse landbou-inligting (gerapporteer op 20 Januarie 2026) is daar minstens 11 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in Limpopo, versprei oor Waterberg, Vhembe en Capricorn — met meer as 50 vermeende gevalle wat steeds op laboratoriumuit...