Die soektog na vermiste vlieënier Gerhard Minnaar het in hartseer geëindig met die nuus dat die wrakstukke van sy Gyro-tipe mikroligte vliegtuig en sy liggaam net buite Louis Trichardt in die Soutpansberg gevind is.
Die nuus is Donderdagaand bevestig deur die ARCC (Aeronautical Rescue Coordination Centre) in 'n persverklaring. Die ARCC het gesê dat Minnaar se liggaam en wrakstukke laat Donderdagmiddag gevind is na 'n uitgebreide soektog deur lede van die ARCC, die polisie se lugvleuel,...