Louis Trichardt se trappers het Saterdag, 5 April, aan die derde rondte van die Limpopo XCO- en XCC-bergfietsliga deelgeneem by Moorddrtif in Mookgopong.
In die XCO wedren het Adriaan Meiring 'n tweede plek los getrap in die afdeling vir mansveterane, met André van Ree wat 'n eerste plek behaal in die Youth-afdeling vir seuns. Spanmaat Eli Signer behaal 'n tweede plek in dié afdeling. Elané Visser behaal op haar beurt 'n derde plek in die Youth-afdeling vir meisies. Read more on our website