Hoërskool Louis Trichardt se atlete het weereens gewys dat hulle nie hoef terug te staan vir groter skole se atlete nie tydens die atletiekbyeenkoms by Hoërskool Pietersburg (PHS) verlede Vrydag, 26 Januarie. Die Triegie-atlete kon spog met verskeie eerste, tweede en derde plekke, asook 'n paar rekords.
Ahmed Samie het sy kompetisie in die stof gelaat met drie eerste plekke en 'n rekord op die dag. Samie het eerste plekke in die 100 meter en 200 meter vir seuns o.16 behaal, en ook 'n r...