Zoutpansberger
Sport

Triegie-atlete skitter by Interhoër

By Karla van Zyl • 27 February 2025
Triegie-atlete skitter by Interhoër

Hoërskool Louis Trichardt se atlete het Vrydag, 21 Februarie, nie minder nie as elf rekords verbeter, die meeste van alle deelnemende skole, tydens die jaarlikse Interhoër-atletiekbyeenkoms wat by die ou Peter Mokaba Stadion in Polokwane...

Hoërskool Louis Trichardt se atlete het Vrydag, 21 Februarie, nie minder nie as elf rekords verbeter, die meeste van alle deelnemende skole, tydens die jaarlikse Interhoër-atletiekbyeenkoms wat by die ou Peter Mokaba Stadion in Polokwane aangebied is. Daarbenewens palm die Triegie-atlete ook die meeste individuele prestasietrofeë die dag in. Dit besorg aan Triegies 'n algehele derde plek tydens die byeenkoms, met Hoërskool Pietersburg in die eerste plek en Merensky Landbou Akademie tweede. Read more on our website