Hoërskool Louis Trichardt het Saterdag, 7 September, gasheer gespeel vir die vierde en laaste ronde van die provinsiale skole XCO-bergfietsliga, die Tour de Lip. Buiten heelwat podiumplekke vir die Triegie-ryers, tree Hoërskool Louis Trichardt as algehele wenskool in die provinsie uit die stryd, terwyl Laerskool Louis Trichardt 'n welverdiende tweede plek in die laerskole afdeling inpalm.
Hoërskool Louis Trichardt kraai koning in die liga ná afloop van die finale ronde met 779...