Hoërskool Louis Trichardt se rugby- en hokkiespanne het Saterdag, 24 Mei, op hulle tuisveld teen Hoërskool Piet Potgieter uitgedraf vir nog 'n ronde ligawedstryde.
Op die hokkieveld het die o.14 meisies die kompetisie kafgedraf met 'n wentelling van 6-0, terwyl die meisies o.15 die besoekers 5-0 huis toe gestuur het. Die o.16 meisies het hulle stryd 2-0 gewen, terwyl beide die skool se eerste en tweede span 1-0 seëvier.
Op die rugbyveld kon die Triegie o.14's ongelukkig nie die ...