Hoërskool Louis Trichardt het Saterdag teen Hoërskool Warmbad op die sportvelde uitgedraf vir 'n stel vriendskaplike wedstryde. Triegies het hulle staal gewys deur elke wedstryd, van die netbalbane tot by die hokkie- en rugbyveld, te wen.
Op die hokkieveld wen die o.16-meisies hulle stryd 5-1, met die eerste span wat 4-1 koning kraai. Die seuns het ook groot sukses op die veld behaal met die eerstes wat hulle stryd 4-0 wen.
Op die netbalbaan loop Triegies ook voor op die telbord...