Die nasionale ronde van die skole XCO-bergfietsliga is die afgelope naweek (20 tot 22 September) by Hoërskool Wagpos in Brits beslis, met Hoërskool Louis Trichardt wat een van 124 skole van regoor die land was om daaraan deel te neem en onder die Top 10 skole te eindig.
Triegies het 17 fietsryers gestuur wat die skool en die Limpopo Provinsie gaan verteenwoordig het by die kampioenskappe. Paarl Boys High School is eerste algeheel met 1,005 punte, terwyl Parel Vallei Hoërskool die tweed...