Te midde van die opwinding van die FIFA Wêreldbeker sal al die aksie Saterdag 20 Junie by Hoërskool Louis Trichardt se Leeupark wees tydens die Limpopo-rugbyeindstryd in Divisie 3 tussen Hoërskole Louis Trichardt en Piet Potgieter.
“Ons nooi almal uit om ons seuns te kom ondersteun!” nooi die skool.
Die eerste wedstryd van die dag skop om 08:00 af tussen die skole se o.14-spanne, waarna die o.15's om 09:15 op die veld sal draf. Om 10:15 is dit die t...