Hoërskool Louis Trichardt se jaarlikse bokkesport het Maandag vir groot opwinding onder die kinders en onderwysers gesorg, ten spyte van die reën deur die loop van die oggend. Die atlete het ook talle rekords opgestel tydens die byeenkoms.
Chrizette Odendaal het drie meisies o.16-rekords verbeter. Sy het 'n rekord opgestel in die 100 meter hekkies met 'n tyd van 16.70 sekondes. Sy het ook die tyd in die 100 meter na 13.10 sekondes verbeter, terwyl sy die 400 meter hekkies-rekord na 'n ...