Hoërskool Louis Trichardt se netbalmeisies het die afgelope naweek aan die DStv en Kay Motsepe-netbalkampioenskappe vir Limpopo skole by Hoërskool Ben Vorster (Tzaneen) deelgeneem en hulself goed van hulle taak gewyt.
Die o.15-span het uitstekend gespeel en al hul groepwedstryde gewen. Hulle het Hoërskool Nylstroom 15-10, DZJ 22-1, Kgodibeng Sekondêre Skool 27-0 en Makgongoana Sekondêre Skool 14-0 geklop. In die kwarteindstryd het hulle egter met 8-18 teen Merensky Landbou Akademie vas...