Met 12 eerste plekke op hulle kerfstok tydens verlede Vrydag se atletiekbyeenkoms by Hoërskool Merensky kan Hoërskool Louis Trichardt se atlete behoorlik trots wees op hulself.
Triegie-atleet Ahmed Samie kon spog met drie eerste plekke op die dag in die 100m, 200m en 110m hekkies vir seuns o.16, met spanmaat Thabang Masalesa wat twee eerste plekke ingepalm het vir onderskeidelik die driesprong en 110m hekkies vir seuns o.19.
Atlete wat elk met een eerste plek kon spog, was Unari...