Lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe het die afgelope naweek teen mekaar te staan gekom in twee opewedvlugte vanaf Bloemhof oor 'n afstand van 670 km. Die duiwe het Saterdag in ysige koue weggespring, maar soos die duiwe noord gevlieg het, het die weer warmer geword.
In die 10A-opewedvlug is 54 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste twintig posisies word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur Mieke & Mike Coetzee (Hlp) nadat hulle wenduif die afstand ...