Knap speurwerk het op Donderdag, 31 Julie, gelei tot die skuldigbevinding en vonnisoplegging van twee onwettige jagters in die streekhof op Senwabarwana, voorheen bekend as Bochum.
Calvin Maseamo (37) en Kgwale Mutome (36) is albei skuldig bevind aan onwettige jag en is elk tot twee jaar gevangenisstraf of 'n boete van R10,000 gevonnis. Hulle skuldigbevinding was te danke aan die knap speurwerk deur speurkaptein Willie Taute van die polisie se eenheid vir Veediefstal en Bedreigde Spesi...