Die laaste van die drie mans wat aangekeer is vir die wrede aanval op 'n 62-jarige boer van die Legkraal-omgewing en die verkragting van sy 58-jarige vrou in Augustus 2020 is verlede Vrydag twee keer lewenslange gevangenisstraf opgelê plus 'n addisionele 55 jaar agter tralies.
Die 42-jarige Christopher Mokgomotsi is op 8 Maart deur die Hooggeregshof in Polokwane gevonnis vir sy aandeel in die aanval wat destyds deur mnr. Jan du Toit, veiligheidsvoorsitter van die Legkraal-omgewing, as ...