Die 16-jarige Marike Theron van Louis Trichardt is weereens bewys daarvan dat daar geen tekort aan talent in die Soutpansberg is nie. Dié Graad 10-leerder van Merensky Landbou Akademie het die afgelope jaar deelgeneem aan die gewilde Maak My ’n Miljoenêr-kompetisie en algeheel derde in die land geëindig.
Die Maak My ’n Miljoenêr-kompetisie is die breinkind van Albert van Wyk. Nadat hy sy eerste miljoen op 22-jarige ouderdom gemaak het, het hy besluit om dit sy lewensmi...