'n Voertuig verbonde aan die polisie se honde-eenheid het Dinsdag, 2 Junie, net voor 14:00 vir groot toeskouerswaarde gesorg toe dit op sy kant in 'n sloot langs die besige N1/Stubbsstraat-verkeersirkel in Louis Trichardt beland.
"Ek het pas uit Baobabstraat suid gedraai op die N1, toe daar 'n harde slag was. Toe ek in my tru-spieƫltjie kyk, sien ek net stof en die vangwa wat in die sloot val," het een motoris opgemerk.
Hoe en waarom die polisievoertuig in die sloot beland het, ...