Dit was die begin van 2001. Ek het in Anton van Zyl se kantoor ingestap, verleƫ omdat die Universiteit van Venda nie meer 'n Latyn-dosent benodig het nie.
Die eienaar van die Zoutpansberger het my 'n taalredigeringswerk aangebied. Later het dit ontwikkel in nuus skryf. So sal ek Anton altyd onthou: sag en nederig, warm en vriendelik, 'n bekwame leier vol integriteit.
In die nuuskantoor het oorlede Wikus Lee, 'n regte gesinsman en kundige joernalis, my op hoogte geho...