Die Vhembe Distriksmunisipaliteit (VDM) het Sondagoggend weer aangekondig dat hulle die watertoevoer na Louis Trichardt, Tshikota en omstreke moet opskort weens skade aan die watertoevoerpypleiding vanaf die Albasinidam by die plaas Beja. Alhoewel droë krane nou al die norm geword het in Louis Trichardt en geensins ’n ongewone verskynsel is nie, verminder dit steeds nie die impak van watertekorte nie.
En hierdie keer het die VDM aangekondig dat hulle ten minste ’n week, tot 7 Maart, nod...