Levubu-boer Fanie Havinga, voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie en TLU SA Limpopo, het boere en lede van die publiek gemaan om geen oop vure te maak nie, te midde van 'n algehele brandverbod. Dit volg ná 'n week van ernstige veldbrande in die streek.
"Daar was 'n hele paar brande gewees," het Havinga gesê. Hy het verwys na brande in die Elim-omgewing, onder meer by Charl Henning, waar vonke van 'n vorige vuur oorgewaai het na sy grond. Die meeste van die brande die afge...