Sowat ses weke gelede het mnr. Tim Fraser van Louis Trichardt besluit om die regte ding te doen en 'n groot waterlek laer af in die straat waar hy bly aan die Vhembe Distriksmunisipaliteit (Vhembe) te rapporteer. Duisende liters water het in die straat af gestroom en die lek het tot gevolg gehad dat huise hoër op sonder water was.
In Louis Trichardt is droë krane 'n alledaagse verskynsel, danksy Vhembe se onvermoë om konstante water te verskaf, so as daar lekke is, probeer inwoners dit...