Zoutpansberger
Sport

Warm en winderige weer kortwiek duiwe

By Andries van Zyl • 11 September 2025
Warm en winderige weer kortwiek duiwe

Resiesduifklubs het hul laaste middelpadwedvlug vanaf Vryburg gehou, waar Bezuidenhout Hokke die 15A- en 15B-wedvlugte gewen het ondanks strawwe weer. RWJ & Mike Coetzee is as 2025 se jaaroudkampioene gekroon, terwyl Mieke & Mike die middelpadkampioene is en tans die streekkampioenskap lei. Die seisoen eindig met 'n laaste wedvlug vanaf Kathu.

Resiesduifklubs in die Noordstreek het Saterdag, 6 September, deelgeneem aan hulle laaste middelpadwedvlug van die seisoen toe hulle duiwe vanaf Vryburg gevlieg het. Warm en winderige weersomstandighede het weer die pad huis toe moeilik gemaak, met slegs een duif van Bezuidenhout Hokke wat teen 18:00 Saterdag tuis was.

In die 15A-jaaroudwedvlug is 23 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 14 posisies word hier vermeld. Soos genoem, het Bezuidenhout Hokke van die Hangklip Resiesduifklub...

Read more on our website