Lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe het die afgelope naweek weer teen mekaar gekompeteer in 'n ope- en jaaroudwedvlug vanaf Wolmaransstad oor 'n afstand van sowat 610 km.
In die jaaroudwedvlug is 57 duiwe losgelaat, waarvan slegs die eerste 20 posisies hier genoem word. Die wedvlug is gewen deur RWJ & Mike Coetzee (Hlp) nadat hul wenduif die afstand voltooi het met 'n gemiddelde spoed van 1,239.34 meter per minuut. Hulle was ook 3de, 4de, 5de, 14de e...