Lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe het Saterdag vir 'n tweede agtereenvolgende naweek vanaf Rustenburg gevlieg. Die wind het lig uit 'n suid-westelike rigting gewaai, wat weereens die duiwe 'n hupstoot huis toe gegee het.
In die jaaroudwedvlug is 108 duiwe vrygelaat, maar slegs die eerste 20 posisies word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur Mieke & Mike Coetzee (Hlp), nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met 'n spoed van 1,404.31 meter per...