Hoërskool Louis Trichardt se jaarlikse Groentjiekonsert het verlede Donderdag, 25 Januarie, plaasgevind. Vanjaar se tema was "A Night Under The Stars", met die ouers en toeskouers wat dit terdeë geniet het!
Met slegs een week kans om te oefen het Hoërskool Louis Trichardt se LUK's hulle goed van hulle taak gekwyt, asook vanjaar se Graad 8's, en voorwaar 'n skouspel van pret en plesier op die planke gesit. Die Welpies het verseker dat die gehoor se gelag nie 'n oomblik opgehou het nie, ...