Zoutpansberger
News

Wie sou kon dink Albasinidam het so baie seekoeie?

By Andries van Zyl • 5 October 2024
Wie sou kon dink Albasinidam het so baie seekoeie?

Een van die voordele daarvan om in die Bosveld te bly, is dat jy baie naby aan die natuur kan lewe, en soms is dit die natuur wat vir jou kom kuier. So het Gys en Amanda Scheepers die aand van 18 September weer besoek ontvang van 'n trop see...

Een van die voordele daarvan om in die Bosveld te bly, is dat jy baie naby aan die natuur kan lewe, en soms is dit die natuur wat vir jou kom kuier. So het Gys en Amanda Scheepers die aand van 18 September weer besoek ontvang van 'n trop seekoeie wat luilekker op hulle grasperk op die oewer van die Albasinidam kom wei het. DiƩ keer is die besoek op sekuriteitskamera vasgevang, waarna die beeldmateriaal sy weg na sosiale media platforms gevind het.