Hierdie was weer 'n hartseer week vir inwoners van die Soutpansberg met die nuus van die skielike dood van die 63-jarige Desiré Lombard.
"Die plaaskuiers sal nooit weer dieselfde wees nie. Die lang aande om knetterende Bosveldvure, lekker lag met jou skerp sin vir humor en natuurlik met al twee honde op jou skoot," het haar familie gesê.
Desiré was in murg en been 'n boorling van die Soutpansberg wat op 16 Januarie 1961 by die Elim Hospitaal gebore is. Sy was 'n leerling van Lev...