Die Soutpansberg-gemeenskap treur hierdie week saam met die Welthagen-familie van Levubu met die nuus van die ontydige dood van die 35-jarige Zander Welthagen. Dié jong pa is Vrydag, 8 Desember, oorlede na 'n aggressiewe stryd teen kanker.
Vir ouers Leon en Annelie Welthagen is die dood van hulle enigste seun moeilik om te verwerk, maar vind hulle berusting daarby dat sy lyding verby is. Eweneens is dit 'n moeilike tyd vir Zander se eggenote, Kerry, ma van die egpaar se eerstelingkind,...