ADVERTISEMENT:

 

 
 

‘n Eerste vir Hoërskool Louis Trichardt is die feit dat daar vanjaar twee toneelstukke vir die ATKV Tienertoneel se streeksfeeste ingeskryf is. Stemtoon is ‘n toneelstuk wat deur ‘n nuwe toneelgroep van die skool ingeskryf word. Voor, van links na regs, is Marietjie Leonard, Jamie Jonker, Ika Smith en Liesbet Voigt. Agter is Wanga Ramuhuyu, Hellen Mhlango, Douglas Archer, Marli Muller, Annelize Pauer en Shella Pieterse.

Triegies spog met twee groepe by ATKV-toneel

Date: 26 July 2013 By: Linda van der Westhuizen

‘n Eerste vir die skool en ‘n groot hupstoot vir kultuur is die verwikkeling dat Hoërskool Louis Trichardt vir die eerste keer twee toneelstukke inskryf vir die ATKV tienertoneel se streeksfeeste.

Die nuwe toneelgroep staan onder leiding van regisseur Marcel van Niekerk en Stemtoon is die toneelstuk waarmee die nuwe groep aan die Gauteng-Suid Streekfees in Sasolburg gaan deelneem. Nico Scheepers, met drie beste regisseur-toekennings agter sy naam, gaan met sy groep na die Gauteng-Noord Streekfees met hul stuk Flikker.

Hoe het dit gekom dat Hoërskool Louis Trichardt twee toneelstukke inskryf?

“Dit het begin as ‘n addisionele toneelstuk om meer tieners wat in toneel belangstel, te akkommodeer. Nou het daar alreeds vriendskapsbande gevorm en is lewenslesse geleer wat lank na die verhoog se gordyne toegetrek word, sal voortduur. In Stemtoon is seer, teleurstelling en versoening sodanig tot een raamwerk saamgesnoer dat dit  tot almal se harte sal spreek,” sê Van Niekerk.

Een van die hoofkarakters, Liesbet Voigt (16), sê dat hulle wil hê dat die mense moet kom kyk. “Dis ‘n goeie boodskap en elke mens, en veral elke liewe tiener, moet dit sien…” sê Liesbet.

Scheepers vertel waaroor die reeds gevestigde toneelgroep se stuk  gaan. “Flikker gaan oor die sinnelose geweld wat in almal skuil en hoe om om verskoning te vra vir iets waarvaan jy wel skuldig is," sê Scheepers. Talita Kloppers (18) neem vir die eerste keer deel. “Ek sien baie uit na die mense se reaksie,” sê Talita.

Wat ‘n tweede toneelgroep vanuit die hoërskool betref, sê Scheepers, “Ek dink dis fantasties! Hoe meer kultuur, hoe beter, want dis iets waarvan ons skool te min het.”

Tydens die streeksfeeste word Flikker op 23 Augustus by die Unisa Kleinteater in Pretoria opgevoer en Stemtoon tussen 20 en 24 Augustus by die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg. Beide stukke sal eersdaags in Makhado (Louis Trichardt) opgevoer word (sien Augustus kalendergebeure elders in die koerant).

 
 
 

Viewed: 907

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

Flikker is die naam van die stuk van die bestaande toneelgroep van die Hoërskool Louis Trichardt. Voor, van links na regs, is André du Preez, Ndodzo Mawela en Talita Kloppers. In die middel is Ndivho Makwanya, Faith Makubele, Jacques Labuschagné, Keanu Bam, Didie Moshapo, Phathu Mudau en Mashudu Demana. Agter is Marco Venter, Billy Scott, Uli de Jager, Maanda Phathela, Gideon Scheepers en Rendani Ndouvhada.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT